JY is uniek.  JOU storie, drome, vaardighede, beperkings en waardes is nie dieselfde as jou vriendin of kollega s’n nie. Stap jou padjie met selfvertroue! Minki borg 30% vir elke vrou wat besluit om te groei, en die aanbod is geldig van Jan-Julie 2021.

besigheid en lewensafrigter

Women Walking

Liefste, JY is uniek.  JOU storie, drome, vaardighede, beperkings en waardes is nie dieselfde as jou vriendin of kollega s’n nie. Wat ons wel ondervind, is gemeenskaplike denkpatrone wat ons negatief beïnvloed. Hoe lyk en klink dit:

  • Worstel jy om lewensbesluite te neem?

  • Jou gedagtes draai die heeltyd oor verwerping, vriendskap seer, vergelyking of berou.

  • Jy wonder wat jou doel is in die lewe?

  • Jy smag na selfvertroue om makliker te kan kommunikeer en konflik te kan hanteer.

  • Daar is ‘n loopbaan wat jou roep, maar jy weet nie waar om te begin nie?

  • Jy is gereeld angstig en onseker oor jouself.

Het jy ja geantwoord?  Jy is verseker nie alleen nie.  Ek is Cherona D, jou hulp-en-hart-vriendin.  As lewe en besigheidsafrigter, fasiliteer ek groei en deurbrake, en elke kontak sessie is individueel aangepas vir JOU. 

 

Wie is ek? Jesuskind, 22 jaar getroud met my gunsteling mens, mamma van 2 seuns, 3x kanker oorwinnaar, dogter van ‘n pappa wat gemartel en vermoor is, internasionale leierskap en motiveringspreker, gekwalifiseerde NLP Praktisyn en skrywer van ‘I am a Purposepreneur’.  Ek verstaan trauma, verlies, mislukking, vreugde en ook hoe al hierdie emosies en gebeure jou lewe en denke kan vorm.

 

Kliente: Toyota, BHP Billiton, Kloppers Inc, RBIDZ, South32, Medcare24, CANSA en meer.  Bakster, juffrou, huisvrou, ingenuer, prokureur of tandaarts, maak nie saak wat jou titel of amp is nie, indien jy wil groei, is Cherona D jou veilige en sagte klankbord. Kontak sessies is virtueel, kry jou koffie dit is tyd vir duidelikheid.

Stuur asseblief informasie oor kontak sessies

Volg gerus my Instagram blad vir wenke en motivering

© 2021 CHERONA D   E:  info@cheronad.com

  • LinkedIn
  • Facebook Basic Black
  • Black Instagram Icon